Weskus Nasionale Park

Die Weskus Nasionale Park is geleë langs die Langebaan-strandmeer wat deel uitmaak van die park. Die strandmeer is ‘n Ramsar-vleiland van internasionale bewaringsbelang. Die park bied uitstekende voëlkykgeleenthede vir ywerige waarnemers.

Die strandmeer word gevoed deur seewater, anders as die meeste in die land wat deur riviere gevoed word. Dit vorm ‘n natuurlike oase en bied ‘n habitat vir duisende trekvoëls wat koers kies na die vleilandgebied hier. Die strandmeer, wat 16 km lank is, onderhou ryk natuurlewe danksy voedingsryke waters afkomstig van die Benguela-opwellingsgebied. Talle van die spesies hier is ingesluit op die Rooidatalys van bedreigde spesies.

Naas meer as 250 voëlspesies huisves die park ook verskeie plekke van argeologiese en kulturele belang.

In die lente word die park omskep in ‘n kleurryke blomtapyt. Die Postberg-natuurreservaat is oop vir die publiek in Augustus en September. Die reservaat is in privaatbesit en word deur parkowerhede bestuur.

Besoek Sanparks – West Coast National Park vir inligting.

Voëllewe

Die Langebaan-strandmeer, ‘n Ramsar-vleilandgebied van globale bewaringsbelang, onderhou ‘n magdom spesies.

Die strandmeer bied belangrike habitat vir veral waadvoëls afkomstig van die noordelike halfrond wat ons kusstreek hier besoek. Sommige jare styg hul getalle vanaf sowat 4000 voëls in die winter tot 50 000 in die somer. Naas die strandmeer bied die park se inheemse strandveld ook habitat vir voëllewe.

Meer as 250 spesies word in die park aangetref. Talle hiervan is endemies, wat beteken dit kom nêrens anders voor nie.

Besoek Sanparks – West Coast National Park en Cape Biosphere vir meer inligting.

Dierelewe

Die park bied ‘n habitat vir talle soogdiere, hoewel dit soms moeilik is om hulle tussen die digte fynbos raak te sien. Twee klein boksoorte, die gewone duiker en die steenbok, word dikwels langs die pad bespeur. Kyk uit vir onder meer die gestreepte muis, die Kaapse grysbok, die bontebok en die rooikat tydens jou verblyf hier.

Die meeste van die soogdiere kom voor in die Postberg-natuurreservaat, wat net gedurende die blomseisoen oop is vir die publiek.

Besoekers kan ook soms walvisse (veral suidelike noorkappers) en dolfyne gewaar wat in die see hier naby verbyswem.

Wees op die uitkyk vir suurpootjies wat die pad probeer kruis. Naas die gewone molslang, huisves die park ook heelwat geelslange (Kaapse kobras) en pofadders.

Blommeprag

Die Weskus Nasionale Park het meestal strandveldfynbos, wat uniek is aan hierdie deel van die kusgebied. Dit is een van die veldtipes wat deel uitmaak van die groter Kaapse blommeryk. Hierdie blommeryk, een van ses ter wêreld en die enigste wat in een land aangetref word, word beskou as ‘n biodiversiteitsbrandpunt van globale belang.

Die fynbosbioom, waarin die park geleë is, is besonder ryk aan biodiversiteit. Dit is proporsioneel die mees spesieryke van al die biome in die land. Die veld hier bestaan uit verskillende tipes struike, vetplante en inheemse grasse. Wees op die uitkyk vir vygies, kapokbos, bobbejaankool and geofiete soos bobbejaantjies.

Die Postberg-natuurreservaat spog veral met sy inheemse blommeprag. Die reservaat, wat in privaatbesit is maar deur die parkowerhede bestuur word, kan jaarliks in Augustus en September tydens blomtyd besoek word.

Lees meer hier SanParksWeskus Veldblomgids van Suid-AfrikaCape Biosphere