Verblyf en tariewe

Ons is geleë ongeveer ’n anderhalfuur van Kaapstad en sowat 17 km vanaf Langebaan.

Duinepos se elf blyplekke kan elk ses mense huisves.

Elke blyplek het

  • Twee kamers en vier enkelbeddens (twee huise het elkeen ‘n dubbelbed);
  • ‘n Oopplan-leefvertrek, ‘n kombuis wat ten volle toegerus is met al die nodige toebehore, ‘n kaggel en ‘n badkamer (met ‘n stort);
  • ‘n Buitebraaiplek en voorstoep met skadu;
  • Linne, beddeboed asook ekstra komberse; en
  • Toegang tot die swembad en buitelug-onthaalgebied.

Twee van ons huise is ingerig vir mense met gestremdhede. ‘n Bondel hout word verskaf. Ons het beperkte selfoonontvangs.

Vloerplan

Duinepos bied alles wat jy nodig het om gerieflik te bly. Só lyk een van ons huise.

Onthaalarea en swembad

Besoekers het toegang tot ‘n gedeelde buitelug-onthaalgebied. Dit bied die ideale plek vir groter groepe wat saam buite wil ontspan. Diegene wat langbeen in die son wil sit, kan uitrus langs ‘n swembad in ons inheemse tuin.

Rolstoelvriendelik

Twee van ons huise is aangepas vir die behoeftes van mense met gestremdhede. Die netwerk van paadjies tussen die huise word goed in stand gehou en vergemaklik toegang met ‘n rolstoel.

Toegangstye by die parkhek

1 April – 30 August, 7:00 – 18:00
1 September – 31 March, 7:00 – 18:00

Geen toegang na ure • Geen troeteldiere word toegelaat • Bewaringsgeld is betaalbaar by die toegangshek.

Tariewe

Standaard Tariewe
1 Aug 2018 – 30 Apr 2019

Huis nr. 1-8
(Naby buitelug-onthaalgebied)

R1488 vir vier mense, per nag

R1135 vir twee mense, per nag (een kamer)

R782 vir een persoon, per nag

Standaard Tariewe
1 Aug 2018 – 30 Apr 2019

Huis nr. 9-11
(Grens aan die veld)

R1765 vir vier mense, per nag

R1387 vir twee mense, per nag (een kamer)

R857 vir een persoon, per nag

Weekdae Tariewe
1 Okt 2018 -30 Nov 2018

Alle Huisies
R1438 vir vier mense, per nag

R1084 vir twee mense, per nag (een kamer)

R731 vir een persoon, per nag

*Toeroperateurs kry 20%-afslag op standaardtariewe.

Weekdae Promosie

Bespreek verblyf vir drie nagte en kry twee nagte se verblyf gratis.
Geldig vanaf Sondag tot Donderdag (Desember, Januarie, langnaweke en openbare vakansiedae uitgesluit). Vanaf 1 Oktober  tot 30 November 2018.

Standaard Tariewe
1 Aug 2019 – 31 Julie 2020

Huis nr. 1-8
(Naby buitelug-onthaalgebied)

R1650 vir vier mense, per nag

R1250 vir twee mense, per nag (een kamer)

Nota: As albei kamers gebruik word, moet die volledige bedrag (R1650 per nag) betaal word.

R850 vir een persoon, per nag

Standaard Tariewe
1 Aug 2019 – 30 Apr 2020

Huis nr. 9-11
(Grens aan die veld)

R1950 vir vier mense, per nag

R1550 vir twee mense, per nag (een kamer)

Nota: As albei kamers gebruik word, moet die volledige bedrag (R1950 per nag) betaal word.

R950 vir een persoon, per nag

Weekdae Promosie
1 Februarie 2019 – April 2019

Alle Huisies

Bespreek verblyf vir drie nagte en kry twee nagte se verblyf gratis.
Geldig vanaf Sondag tot Donderdag (Desember, Januarie, langnaweke en openbare vakansiedae uitgesluit)

*Toeroperateurs kry 20%-afslag op standaardtariewe.

Bykomende heffings

R100 per persoon, per nag (as meer as vier mense ‘n huis deel).

R50 per kind (jonger as 12 jaar) per nag.

Al bogenomede pryse sluit BTW in.