Ons filosofie

Hier by Duinepos neem ons mense en die omgewing baie ernstig op. Ons personeel is geesdriftig oor maatskaplike verantwoordbaarheid en ekotoerisme wat voordeel vir die plaaslike gemeenskap inhou.

Ons is daarop ingestel om ons ekologiese voetspoor waar moontlik te beperk, veral inaggenome die sensitiewe omgewing waar ons ons bevind. Hier by Duinepos het ons groot respek vir die natuur. Ons is ook trots op al ons ‘groen’ getuigskrifte.

Ons doen graag ons deel vir die omgewing en om ekotoerisme te bevorder.

Ligging en geboue

Die beginsels van volhoubare en verantwoordelike toerisme word in elke aspek van ons onderneming ingebou.

Van ons huise is deur dertig lede van die Langebaan-gemeenskap gebou nadat hulle die sandsakboumetode onder die knie gekry het. Dit is ’n ekologies vriendelike boumetode wat ook arbeidsintensief is.

Die beskerming van ons streek se kosbare, beperkte waterbronne is vir ons belangrik. Waterbesparingsmaatreëls word deurentyd toegepas. Ons verblyfgeriewe het net storte omdat ’n mens aansienlik water bespaar deur te stort eerder as om te bad. Duinepos se terrein is ook met inheemse plante uitgelê, wat min water gebruik. Ons het maatreëls in plek wat dit maklik maak vir besoekers om herwinning toe te pas.

Ons glo dat ons keuses, net soos dié van ons besoekers, ’n klein dog wesenlike verskil aan die stand van ons omgewing kan maak.

Meer oor ons

Duinepos is ’n gemeenskapsprojek en suksesverhaal van swart ekonomiese bemagtiging in die toerismesektor. Duinepos het die afgelope dekade uitgebrei tot ’n waardige onderneming wat met maatskaplik verantwoordelikheid bedryf word.

Ons kyk mooi na ons gaste, ons gemeenskap én die omgewing.

Affiliasie

Duinepos is verbind daaraan om verantwoordelike toerisme te bevorder. As bewys van ons steun hiervoor het ons aangesluit by GreenLine se sertifiseringsprogram vir verantwoordelike toerisme.