Doendinge

Voëlkyk

Voëlkykentoesiaste van oraloor besoek jaarliks graag die Weskus Nasionale Park. Dié park word allerweë beskou word as ’n besonderse plek om na voëls te kyk.

Meer as 250 spesies kom hier voor. Daar is ‘n goeie kans dat jy ook ’n paar skaars geveerde besoekers van ander wêrelddele tydens jou besoek hier kan gewaar.

Wees op die uitkyk vir die brilpikkewyn, die Kaapse malgas, die trekduiker, die edelvalk, die kleinflamink en die swarttobie tydens jou besoek hier.

Verskeie toeganklike voëlkykskuilings (waaronder by Geelbek en Abrahamskraal) is in die park beskikbaar. Hiervandaan kan besoekers die unieke voëllewe ongehinderd van naby besigtig.

Die beste tyd om waadvoëls by Geelbek waar te neem is wanneer die gety inkom. Begin vroegoggend reeds voëls kyk. Maak seker jy pak jou verkyker, hoed en voëlkyklys in.

n Volledige voëlkyklys is beskikbaar hier.

Vir meer inligting oor voëlkyk in die park, raadpleeg die Weskus Nasionale Park se aktiwiteitskaart  hier

Staproetes

Verskeie staproetes begin naby Duinepos. Pak jou stapstewels, sonroom en hoed in.

Weskus Nasionale Park staproetes

Bergfietsroetes

Die Weskus Nasionale Park bied bergfietsroetes met asemrowende uitsigte. Bring jou fiets saam of huur een plaaslik.

Watersport

Die beste manier om die Langebaan-strandmeer te verken is per kano. As jy nie een het nie, huur een plaaslik. Vlieërski-entoesiaste van oraloor kom graag na die strandmeer.

Besoek  Cape Sports en Windchasers SA vir meer inligting.

Walviskyk

Suidelike noorkappers daag normaalweg in die winter in ons waters op om te paar, te sosialiseer en te kalf. Gedurende Augustus en September kan besoekers hierdie seereuse sien vanaf Tsaarbank wanneer hulle langs die kus hier verbyswem.

Kinders

Ons terrein bied ‘n veilige speelplek wat kinders ure lank besig kan hou. Duinepos en omstreke bied talle opsies vir jou spruit om nuwe dinge te ondersoek en die natuur met spel te ontdek.

Pieknieks en braai

Geniet ‘n rustige dag langs die strandmeer met familie en vriende. Kraalbaai se strand bied die perfekte plek vir ‘n piekniek of braai. Ry verder noord tot by Tsaarbank en wees op die uitkyk vir walvsse wat langs die kuslyn hier verbyswem (gewoonlik vanaf Augustus tot September).

Weskus-fossielpark

Die fossielpark is ongeveer ‘n halfuur se ry weg. Dit is wêreldbekend vir sy uitsonderlik goedbewaarde fossiele van diere wat terugdateer tot 5.2 miljoen jaar gelede.

Besoek West Coast Fossil Park vir inligting.

Geelbek vir lekkerbekke

Geelbek is slegs ‘n kort entjie se stap vanaf Duinepos. Hier kan jy smul aan tradisionale Suid-Afrikaanse kookkuns en streekkos. Hierdie gewilde restaurant is geleë langs die Langebaan-strandmeer in ‘n ou herehuis. Dié Kaaps-Hollandse gebou is ‘n nasionale gedenkwaardigheid en dateer van 1744.

Ons San-erfenis

!Khwa ttu, ‘n San opvoedkundige en kultuursentrum, is ‘n besoek werd vir almal wat in ons San-erfenis belangstel. Gaan op ‘n begeleide toer of leer spoorsny.

Besoek !Khwattu vir inligting.