Beleef die natuur eerstehands. Geniet 'n onvergeetlike verblyf.

Bespreek Nou

‘n Uitspanplek tussen fynbos en die Langebaan-strandmeer

Duinepos bied ‘n wegbreekplek vir natuurliefhebbers en diegene wat die buitelug geniet. Ons is geleë in die Weskus Nasionale Park – ‘n lushof vir voëlkykers. Besoekers kan hiervandaan ons streek ontdek of net lekker hier ontspan.

Duinepos bied alles wat jy nodig het om jou blaaskans te geniet.  Ons verblyfeenhede is ontwerp om in te pas in ons ongerepte natuurlike omgewing. Ons omgewingsvriendelike selfsorgverblyfeenhede is tussen fynbos naby die Langebaan-strandmeer geleë.

In 2016 het ons ‘n gesogte sertifikaat van uitmuntendheid van Tripadvisor ontvang. Dit beteken ons word erken vir ons gehaltediens en kry uitstekende resensies van besoekers van oraloor.

Die AA onderskryf ons as ‘n bestemming met gehalteverblyf wat teen die regte prys aangebied word. Dit is is gegrond op hul lede se ervarings.

Ons geniet verblyfstatus met drie sterre vir selfsorgeenhede. Dit beteken ons word erken as ‘n gehaltebestemming wat uitstekende diens lewer.