Doen navraag

Op soek na rus vir jou siel, weg van die gewone gedruis? Duinepos, geleë in die Weskus Nasionale Park, bied ’n toevlugsoord vir voëlkykers en natuurliefhebbers.

Duinepos bied uitstekende waarde vir geld vir besoekers. Ons verblyf is nommerpas vir diegene wat van die buitelug hou en gehaltetyd saam met familie en vriende wil deurbring.

Duinepos bied besoekers ’n outentieke buitelugervaring. Ons is geleë ongeveer ’n anderhalfuur van Kaapstad en sowat 17 km vanaf Langebaan. Hier is geen televisie nie en net beperkte selfoonontvangs.

Die Weskus Nasionale Park en omgewing, waarbinne ons verblyf geleë is, bied besoekers baie. Duinepos is die ideale wegspringplek waarvandaan mens die streek se unieke natuurlewe kan ontdek. Hier is verskeie roetes beskikbaar vir stappers, fietsrykers en voëlkykers. Die nabygeleë Langebaan-strandmeer is gewild onder mense wat lief is vir watersportsoorte.

Ons elf selfsorg-huise bied gemaklike en eko-vriendelike verblyf. Elkeen van dié eenhede het slaapplek vir vier tot ses mense. Hier op Duinepos is ons daartoe verbind om waar moontlik ons ekologiese voetspoor te beperk en verantwoordelike en eko-vriendelike toerisme te bevorder. Ons poog onder meer deurentyd om water en elektrisiteit spaarsamig te gebruik. As jy rus en vrede soek en graag wakker word met voëlgesang in jou ore is Duinepos beslis die plek vir jou.

home-tariewe